FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
We will notify you on events like Low stock, Restock, Price drop or general reminders so that you don’t miss the deal
Die geskilpunt waaroor die krisis in die verhouding tussen Diana en Gerhard bestaan, is nogal oorspronklik en uniek, welgedaan aan skrywer, Zinèt Oosthuizen. Daar is nie ou bagasie betrokke nie, maar wel ’n spesiale stuk grond langs die see by Sedgefield., aangrensend aan Diana se ouerhuis.
Dit word duidelik dat Diana nie net om sentimentele redes die grond wil bekom nie. Haar droom is om ’n boetiekhotel daar op te rig, terwyl in Gerhard se geval, sy loopbaanvooruitsigte nóú saamhang daarmee. Hy het sy oog op ’n vennootskap in sy argiteksfirma en sy planne vir ‘n luukse hotel is reeds geteken en voorgelê. Duidelik dat hierdie twee drome nie albei kan realiseer nie, met groot implikasies vir die verhouding wat tussen die twee ontwikkel.
Terwyl die twee hoofkarakters wroeg met hulle probleem, is daar ook ’n paar randkarakters wat beduidende bydraes lewer tot die storielyn, met ’n interessante wegbreek na die bosveld op die koop toe. Lees gerus hierdie voelgoed verhaal om uit te vind of daar ’n middeweg gevind kan word wat op ’n gelukkige einde kan uitloop.
Daar is net een jy is ’n lekker gepasde titel vir die storie, ’n feit wat eers diep in die storielyn uitgespreek word.
Wanneer ’n storie my dryf om iets na te slaan en só my algemene kennis uit te brei, verdien die boek sommer ’n bonuspunt of twee. Presies so was die geval met Santi Neven se nuwe Romanza, Die kleur van passie. Uitgegee onder die sub-genre: Reis, is dit allermins ’n storielyn wat neig na ’n reisjoernaal. Inteendeel, terwyl die Franse geregte lipsmak lekker beskryf word, en daar so ’n paar verwysings is na besienswaardighede en plekke in Frankryk, neem dit tweede plek in naas die dieper nuanses van die afgesonderde lewe van Cérie Besnier.
’n Gebore Suid-Afrikaner, is sy jare gelede deur haar hardvogtige en ongenaakbare pa verban na haar grootouers in Frankryk. Na hulle dood erf sy die Château de Monet waar sy woon saam met haar vertrouelinge, Mari en Bertrand. Hulle bedryf ’n boerdery en sy vul haar inkomste aan deur van tyd tot tyd om te sien na rykmanskinders terwyl hulle ouers reis of andersins besig is.
Nog ’n Suid-Afrikaner, Warrick Pretorius, kom klop aan vir hulp na ’n motorongeluk, en dit gee aanleiding tot ’n rits gebeure wat onder andere uitloop op liefde, groot konfrontasie en spannende gebeure, met haar rare kondisie, genaamd sinestesie, as die spil waarom die intrige draai. Dit is dan ook die leerkurwe waartoe die boek aanleiding gegee het, want ek kon leer dat sinestesie nie ’n siekte, of erger nog, ’n geestessiekte is nie. Dit toets nie positief vir siektes soos skisofrenie of psigose nie, hoewel dit in verskeie vreemde wyses manifesteer by sinestete.
Die skrywer hou die lesers tot in die finale hoofstuk in spanning, voordat dit afsluit met ’n mooi Franse tradisie of twee. Geluk aan die skrywer vir die wyse wat sy buite die gewone gedelf het na ’n vars situasie waarteen die liefdesverhaal kan afspeel.
NKJV, Cultural Backgrounds Study Bible, Hardcover, Red Letter