Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak.Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Format:
CONTRIBUTORS: Cecilia Steyn, Elanie Bieldt
EAN: 9780639604183
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 0 g
HEIGHT: 212 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED: 2021-02-01
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / General
WIDTH: 137 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction
Cecilia Steyn is in die Vrystaat gebore. Sy is nog altyd lief vir skilder en skets. Ná skool het sy in die apteekbedryf gaan werk, en sy en haar man, Johan, het drie seuns. Onder leiding van die skrywer Fanie Viljoen, haar broer en mentor, probeer sy op die ouderdom van veertig vir die eerste keer skryf. Haar eerste kortverhaal, Evan se pizza, het in 2015 in Vrouekeur verskyn, en kort daarna is Die meisie op die dak deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar. Wanneer sy deesdae nie lees nie, skryf sy. Sy geniet dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk. Elanie Bieldt is ʼn jong illustreerder van Kaapstad wat al vandat sy 12 jaar oud was, begin het om boeke te illustreer. Sy het in 2016 ʼn aanlyn strokiesprentkursus voltooi en sy het haar eerste oorsese boek geïllustreer toe sy 18 jaar oud was. Op 15 het Elanie tuisonderrig ontvang sodat sy meer tyd aan haar illustrasiewerk kan wy. Vir hierdie passievolle illustreerder was skool net iets wat sy moes afhandel terwyl haar illustrasiewerk nog altyd haar eerste prioriteit was. Elanie skilder ook gereeld portrette en het selfs al ʼn boek geskryf. Sy beplan om dalk nog in die toekoms meer te skryf, maar kuns is haar grootste liefde. Sy verkry inspirasie van ander kunstenaars en sy geniet dit om medekunstenaars uit te vra na hulle stories, kuns en passies.Beskou asRoosterLys6 items