FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Die dood van Rachel April

P. P. Fourie

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 360.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 360 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 60.00 per month!
      3x monthly payments of R 120.00 with
      4x fortnightly payments of R 90.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback

      Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het.

      Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees?

      Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodse gevaar.

      CONTRIBUTORS: P. P. Fourie EAN: 9780795802942 COUNTRY: South Africa PAGES: 351 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Queillerie Publishers (Pty) Ltd DATE PUBLISHED: 2025-05-28 CITY: GENRE: Fiction WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 2 reviews
      100%
      (2)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Geskiedenis en fiksie vat hande in hierdie boeiende misdaadraaisel

      Ek moet bieg dat ek om verskeie redes aandagafleibaar was toe ek aanvanklik Die dood van Rachel April begin lees het. Gevolglik het ek vasgehaak nadat ek slegs etlike hoofstukke gevorder het. Soveel so, dat toe die hindernisse besweer is, ek desnoods baie bladsye moes herlees. Sederdien, en tot laasnag toe die finale hoofstukke my slaap gesteel het, het ek verbasend vinnig gevorder deur die boeiende intrige wat redelik stadig afgeskop het, maar algaande momentum opgebou het.
      Die titel van Lesea du Plessis se tesis vir haar meestersgraad in Politieke Studies, (p.25) weerspieël baie van die kwessies wat haar lewe dikteer. Haar soeke na behoort, na identiteit, na minder wroeg oor ras. Sy was tewens beskuldig: “Jy’s dalk bruin, liefie, maar jy’s nie kallit nie. Jy’s ’n insider wat dink jy’s ’n outsider, Lesea.” (p.19) Dit was medestudent, Rachel April, wat hierdie stelling gemaak het, en nou spoorloos verdwyn het.
      Rachel was nie ’n boesemvriendin nie, dit was eerder Lesea se belofte aan Rachel se dogtertjie wat haar genoop het om leidrade op te volg wat lig kon werp op die verdwyning en moord van Rachel. Haar optrede stel haarself, en ook haar stiefbroer, Louwtjie, in lewensgevaar. Tog verhoed dit haar nie om deur te druk nie.
      Die storielyn, in lieflike, byna poëtiese taal, is ’n suksesvolle samevoeging van geskiedenis en fiksie. Die proloog, destyds in die herfs, vind uiteindelik afsluiting in dieselfde Vrystaatse grasveld, maar nou in die somer, die gevare verby en die raaisels opgelos. Maar nie sonder baie lewensverlies nie.
      Die dood van Rachel April, is die tweede roman uit die pen van P.P. Fourie, nadat hy sy debuut gemaak het met ’n Hart so groot soos ’n vuis, en dit opgevolg het met Ons skulde. Die uitgewer is Queillerie, ’n druknaam van NB Uitgewers.

      R
      Roelia Schoeman
      'n Moordraaisel met ruggraat

      Die dood van Rachel April is ’n moordraaisel met ruggraat en siel. P.P. Fourie skryf met integriteit, styl en insig. Hier kry jy nie net spanning nie, maar ook ’n fyn verweefde verhaal oor identiteit, kleur, skuld en versoening.

      Toe Lesea du Plessis se vriendin Rachel met ’n steekwond in haar hart gevind word, belowe sy vir Rachel se dogtertjie antwoorde. So begin ’n speurtog wat persoonlik en gevaarlik raak. Die intrige lei haar na ’n Anglo‑Boereoorlogmuseum waar Rachel iets belangriks ontdek het, maar iemand probeer die waarheid wegsteek.

      Fourie se gebruik van geskiedenis, en die teenwoordigheid van Vincent van Gogh en sy broer, bring ’n nuwe dimensie aan die storie. Die temas van ras, aanneming en die fyn balans tussen vergifnis en goedkeuring is roerend en relevant.

      Die roman is poëties in struktuur. Dit begin en eindig met die Vrystaatse graslandskap, eers in herfs en laaste in somer. Dit vorm ’n simboliese reis van bewuswording tot vrede.

      Aanbeveel vir lesers wat hou van slim fiksie met siel. As jy fassinerende karakters, historiese dimensie en Afrikaans wat werk waardeer, lees hierdie boek.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account