FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Mei en Alles Daarna

Zelda Bezuidenhout

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 330.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 330 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 55.00 per month!
      3x monthly payments of R 110.00 with
      4x fortnightly payments of R 82.50 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Ná haar egskeiding, bevind Juna Ferreira haar in ’n klein dorpie sonder ’n plan vir haar toekoms. Wanneer sy ’n unieke litteken op ’n dorpenaar se wang herken, stuur dit haar in die teenoorgestelde rigting – ver, ver die verlede in. Sy herbesoek haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde; ’n tyd wat sy as sorgvry en gelukkig onthou. Maar was dit regtig so? Hoekom onthou ander mense dit anders? Hoeveel donker geheime lê vasgevang in die ruïne van die eens statige Limestone House?

      CONTRIBUTORS: Zelda Bezuidenhout EAN: 9780795803338 COUNTRY: South Africa PAGES: 304 WEIGHT: 500 g HEIGHT: 234 mm
      PUBLISHED BY: Queillerie Publishers (Pty) Ltd DATE PUBLISHED: 2026-05-08 CITY: GENRE: FICTION / Literary WIDTH: 152 mm SPINE:

      Book Themes:

      Fiction: general and literary

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Dit is soms nodig om te delf in die verlede om jouself te vind

      Mens lees male sonder tal dat lesers ’n boek nie kan neersit nie. Ongelukkig kan ek nie sê dat dit vir my die geval was met Mei en alles daarna nie. Oor die redes waarom ek onbehoorlik lank besig was met die boek, kan ek uitbrei en bespiegel, maar ek sal volstaan deur te sê dat die fout geensins aan die deur van skrywer, Zelda Bezuidenhout, of die storie, gelê kan word nie.
      Dat hierdie storie my genoeg rede gegee het tot nabetragting, getuig die baie oranje papiertjies wat treffende frases merk. Dit is nie buitengewoon dat Zelda Bezuidenhout skryf op ’n manier wat jou diep raak nie. In hierdie geval laat dit jou saam met die karakters terugloop na die sewentigs en dit herinner jou aan dinge wat ook in jóú verwysingsraamwerk was toe jy die ouderdom was van die jong Juna.
      Na ’n egskeiding wat sy “beskaafd” noem, gaan vestig Juna haar op Erikspos en loop haar kleintydmaatjie raak. Dit gee aanleiding tot ’n delf in die verlede, na haar ma wat ander was, na dinge wat sy geglo het en nou blyk nie heeltemal waar blyk te wees nie. Dit bring haar ook by ’n nugtere kyk na haarself: “Dat sy anders is, met bioritmes wat nie met die res van die wêreld of seisoene sinchroniseer nie. Niks interessants gebeur ooit ná Meimaand met haar nie.” (p.190)
      Ouers se invloed op kinders word vanuit verskillende hoeke aangespreek. Ek gaan nie die boek vir ander bederf deur detail neer te pen nie, maar daar het destyds dramatiese dinge gebeur wat nou oopgebreek word. Ook in die teenwoordige tydsgleuf is drama nie uitgesluit nie, en word die karakters gekonfronteer met ernstige toestande soos Parkinsons en demensie wat slagoffers laat “verdwyn”. Juna moet, buiten haar soeke na antwoorde oor die verlede, ook in die hede uitvind wie sy is sonder haar man, sodat sy nie ook verdwyn nie. (p.135)
      Mei en alles daarna is nie ’n boek om ligtelik af te jaag nie. Gun jouself die luukse van in diepe lees en die lieflike taal en fyn humor te waardeer. Dit word uitgegee deur Queillerie, ‘n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.

      Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 verskyn. In 2020 behaal sy en Lunéll Kruger die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat. Sy woon op Parys in die Vrystaat.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account