FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Onder Water

Henda Olivier

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 350.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 350 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 58.33 per month!
      6x monthly payments of R 58.33 with
      4x fortnightly payments of R 87.50 with

      Rebekkah Keller was nog ’n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die skoolwembad te swem. Meer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in Bloemfontein. Sy is geskei van haar man en sy werk voltyds by ’n prokureursfirma. Sy swem nooit meer nie. Een oggend stuur Rebekkah se beste vriendin vir haar ’n nuusberig wat die mat onder haar voete uitruk. Die verlede spoel soos ’n fratsgolf oor haar.

      CONTRIBUTORS: Henda Olivier EAN: 9780798184571 COUNTRY: PAGES: 288 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: NB Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: Fiction WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Die storie van Rebekkah-Nou en Rebekkah-Toe

      Ek ken nie iemand wat as kind mislei en misbruik is nie. Ek ken nie iemand wat as elfjarige haar pa aan kanker afgestaan het nie. Ek ken nie iemand wat kompulsief opgaar tot op ’n punt wat dit sertifiseerbaar is as ’n siektetoestand nie. Ek ken nie iemand wat op onskuldige kinders jag maak nie. Tog is hierdie feitestelle so realisties aangebied en vervleg in ’n fiktiewe roman, dat dit ontredder en voel soos waarheid. Dit spreek relevante kwessies aan, noem die vergrype by die naam en in ontstellende detail.
      Onder water is Rebekkah se verhaal, een wat sy as eerstepersoon verteller aan die leser oordra, “Toe” synde die gebeure wat begin in 2001. Die “Nou” tydsgleuf word aangebied in die derde persoon en skop af vlak voor Kersfees in 2022. Hierdie twee perspektiewe wissel deurgaans af en skets die ontkenning wat Rebekkah se lewe kenmerk en haar kanse op geluk kaap.
      ’n Koerantberig dwing gebeure uit haar grootwordjare, dinge wat sy onderdruk het, na vore en ontspoor haar grootliks. Ook die gebrekkige verhouding met haar ma word op die keper gedruk wanneer sy weereens haar ma se huis moet opruim. Die skrywer kon dalk iets meer van haar ma se herstel bygewerk het, maar dit is tog ’n positiewe aspek in ’n storielyn wat tot naby die einde, eerder negatief en neerdrukkend was. Dit was juis vanweë die moeilike temas wat dit hanteer, maar tog boeiend en meesleurend.
      Onder water is die tweede roman van Henda Olivier, die eerste synde Die goeie suster. Dit boek word uitgegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB Uitgewers.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account