FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Vreemde Vos

Carel van Rooyen
    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 300.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 300 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 50.00 per month!
      3x monthly payments of R 100.00 with
      4x fortnightly payments of R 75.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Kort ná die elfjarige Tim Nieuwoudt sy hand in ’n motorongeluk verloor, kondig sy ouers aan dat hulle gaan skei. Tim voel meer geïsoleerd as ooit terwyl hy probeer aanpas by sy nuwe realiteit. Dan gebeur iets onwaarskynliks, onverwags maak ’n rooivos een oggend sy opwagting waar Tim alleen onder ’n boom by die skool sit. Die aflegging van onskuld is deel van menswees, ongeag wie, wat of waar jy is.  Vreemde vos is ’n tydlose verhaal waarby enige leser tussen nege en negentig aanklank sal vind.

      Format: Paperback / softback CONTRIBUTORS: Carel van Rooyen EAN: 9780798186162 COUNTRY: South Africa PAGES: 256 WEIGHT: 500 g HEIGHT: 198 mm
      PUBLISHED BY: Human & Rousseau (Pty) Ltd DATE PUBLISHED: 2026-05-04 CITY: GENRE: FICTION / Literary WIDTH: 130 mm SPINE:

      Book Themes:

      Fiction: general and literary

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      'n Onthutsende en puik verhaal van trauma en verlies en uiteindelike insig

      Op die oomblik het ek nie genoeg tyd of breinspasie om gewigtige prosawerke aan te pak nie. Ligter leesstof neem ’n groot deel van my leestyd op. Selfs by spanningsverhale verkies ek ’n goeie knussie. Maar toe vertrou Jonathan Ball Uitgewers my met Vreemde Vos, deur Carel van Rooyen, en boul my uit.

      Geskryf vanuit die gesigspunt van ’n dertienjarige seun, is dit allermins kinderagtig. Die skrywer het ’n oortuigende stem gegee aan Tim. Hy praat en redeneer soos ’n kind, geteister deur trauma en verliese, maar nie soos ’n volwassene wat probeer weergee wat ’n kind beleef nie. Vir hierdie doel is die eerstepersoonverteller natuurlik uiters geskik.

      Die storielyn is hartroerend en onthutsend, maar fyn humor verlig die somberheid van die verlies wat Tim op fisiese en emosionele vlak beleef. “Ma sê dis nie reg dat ’n hond heeldag alleen by die huis sit terwyl hulle by die werk en ek by die skool is nie. Uit die goedheid van my hart het ek aangebied om op te hou skoolgaan, maar dit het nie gewerk nie.” (p.39)

      Interessant dat ’n vos telkens opduik in verhale wat onuitwisbare indruk maak, soos Die klein prinsie, waarna inderdaad in hierdie boek verwys word. Ook in Charlie Mackesy se pragtige tweeluik oor ’n seun en sy reis saam met ’n mol, ’n vos en ’n perd. In Vreemde vos word dit aan die leser oorgelaat om te besluit oor die realiteit van die vos wat telkens aan Tim verskyn, maar wat hy nie op beeld kan vasvat nie.

      Ek voel dat ek vir Johannes Deetlefs moet geluk wens met die treffende omslagontwerp. Hoe verder ek gelees het, hoe meer het ek besef dat dit die essensie van die storielyn volmaak uitbeeld.

      Vreemde vos is ’n publikasie van Human & Rousseau, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.

      Carel van Rooyen is gebore en getoë op Kakamas. Hy behaal ’n Honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan Universiteit Stellenbosch. Hy werk tans in die onderrigindustrie as DTP-spesialis by Optimum Learning Technologies. Carel woon in Durbanville.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account