FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Ver wink die Suiderkruis

Irma Joubert

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 380.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 380 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 63.33 per month!
      3x monthly payments of R 126.66 with
      4x fortnightly payments of R 95.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format:

      Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 – ses jaar voor die Tweede Wereldoorlog. Kate Woodroffe is die dogter van die ryk mynbaas John Woodroffe. Terwyl sy navorsing vir haar verhandeling in armblankebuurte moes doen, stel haar pa Bernard Neethling aan om haar op te pas. Hy is deel van die mynwerkerafvaardiging wat met die mynbase onderhandel. Al kom hy uit ’n baie arm omgewing, is hy baie ingelig en ’n sterk leier, tog is hy ’n slagoffer van sy omstandighede. Bernard neem haar na die woonbuurte in Johannesburg se Fordsburg, later gaan hy saam met haar na die Wes-Transvaal, waar sy navorsing onder delwergesinne doen, en heelwat later Bosveld toe. Die twee raak verlief, maar weet hulle is werelde van mekaar verwyder. Hy kan nie vir haar gee waaraan sy gewoond is nie. Toe hulle Bosveld toe is – skroeiend warm en droog – bly hulle by haar grootouers. Haar oupa weet egter nie Kate is sy kleinkind nie. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy sy twee seuns verloor en is verbitterd teenoor die Engelse, want sy dogter – Kate se ma – het ’n siek Engelse soldaat versorg en hulle het op mekaar verlief geraak. Die ou man kon nie aanvaar dat sy dogter met een van die vyand wou trou nie en vandat sy daar weg is saam met John Woodroffe, het hulle mekaar net een keer gesien. Kate se ouma weet wie Kate is, maar nie haar oupa of Bernard nie. Toe hulle terugkom in Johannesburg, besef Bernard hoe onmoontlik hul liefde vir mekaar is en hy verdwyn. Stukkend gaan sy later na haar ouma-hulle se plaas toe met die doel om haar oupa te vertel wie sy is. Daar tref sy Bernard aan wat saam met haar oupa om die helfte boer. Toe Bernard hoor dis haar oupa en ouma, is hy woedend. Hy voel Kate het nie oop kaarte met hom gespeel nie en daarom verdwyn hy weer die veld in sonder om haar te groet. Kate vertel ook vir haar oupa die waarheid. Hy is verslae, maar nie heeltemal ongenee om haar ouers te ontmoet nie. Drie weke later kom kuier hulle by die ryk Woodroffes in Parktown Ridge, die familie raak versoen en eindelik daag Bernard ook op.
      CONTRIBUTORS: Irma Joubert EAN: 9780799364040 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 500 g HEIGHT: 198 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2013-01-13 CITY: GENRE: FICTION / General WIDTH: 129 cm SPINE:

      Book Themes:

      Historical romance

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedertdien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se Spesialisjoernalis van die Jaar en was ’n Mondi-finalis. Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB Uitgewers verskyn het. In 2008 was Irma ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2012. Sy is al 43 jaar lank getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie vol-wasse seuns, ’n skoondogter, ’n pleegdogter en drie kleinkinders. Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug-kokerasies. Haar gunsteling-vakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, eintlik enige Afrika-boendoes.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account