Format: Paperback / softback
Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, 'n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om 'n goeie burger te wees. Alleen onder die man vertel die verhaal van Jaco, 'n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalit?re bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op 'n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
In 'n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wereld geskep.
Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in 'n ewe totalitare wereld nie. Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
Book Themes: