FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Die nege lewens van Mevrou Smit

Elizabeth Wasserman
    Product form
      FORMAT:

      R 340.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 340 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 56.66 per month!
      3x monthly payments of R 113.33 with
      4x fortnightly payments of R 85.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Kan sy dit weer doen?Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord… Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op-winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie…Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur. Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?
      Format: CONTRIBUTORS: Elizabeth Wasserman EAN: 9781776380558 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 370 g HEIGHT: 234 cm
      PUBLISHED BY: Penguin Random House South Africa DATE PUBLISHED: 2024-05-01 CITY: GENRE: FICTION / Mystery & Detective / General, FICTION / Thrillers / Suspense, FICTION / Thrillers / Crime WIDTH: 153 cm SPINE:

      Book Themes:

      Crime and mystery fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Heerlike cozy mystery

      Die nege lewens van mevrou Smit is die opvolgroman van Elizabeth Wasserman se eerste roman vir volwassenes. Ons ken haar as ’n suksesvolle skrywer van jeug- en kinderverhale.
      Die afloop van die verhaal het my gelaat met ’n paar vrae:
      - Gaan Tomas terugkom uit Kanada?
      - Gaan hy uitwerk of uitvind wat mevrou Smit se agtergrond is?
      - Wat gaan word van Dirk?
      - Gaan daar nog moorde gepleeg word op Aronspoort?
      - Gaan mevrou Smit meer versigting omgaan met haar negende lewe?
      Die berugte en onkonvensionele mevrou Smit het byna soveel name as die lewens wat sy so roekeloos opgebruik het. Mevrou Smit, Tessa Smit, Frankie, Francesca Schmidt. Dit dra natuurlik grootliks by tot die misterie wat haar omhul en wat mens stuk-stuk wys word, veral as jy nie die eerste boek gelees het nie, of jou geheue nie perfek is nie. Dit het nie te veel gelol dat ek ván die detail vergeet het nie. Dit was steeds ’n heerlike cozy mystery met genoeg kinkels om die aandag te hou, sonder bloed en derms.
      Die skrywer gee met haar woordkeuse insig in die persoonlikheid van mevrou Smit, sonder dat sy dit hoef uit te spel. “Sanet het nou wel horries gekry oor mevrou Smit se jubelende kleurskema,” (p.61) en “Die enkele oop plek voor die ouetehuis is gemerk vir invalides, maar sy steur haar nie daaraan nie.” (p.134)
      Terwyl Francesca Schmidt gehoop het om met ’n effens verwaarloosde voorkoms as ’n weduwee van Bellville te kom rus vind op die plattelandse dorpie, slaag sy allermins daarin. Haar geaardheid laat dit hoegenaamd nie toe om op die agtergrond te bly terwyl bendes tentakels uitsteek in Aronspoort nie.
      Ek het gelees dat daar ’n derde aflewering oor mevrou Smit op pad is, wat baie goeie nuus is. Ek sal dit baie graag onder oë wil kry om my vrae te beantwoord.

      Elizabeth Wasserman is ’n patoloog bekend vir haar gewilde kinderboekreekse. Nege lewens is haar tweede roman vir volwassenes.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account