FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Die eilandbruid se sluier

Elize Parker

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 310.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 310 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 51.66 per month!
      3x monthly payments of R 103.33 with
      4x fortnightly payments of R 77.50 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Chrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die verlede en verwerping agter haar te los. As ’n grootwithaainavorser is sy gewoond aan die wêreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan.Nadat sy as voog van haar broerskind aangestel is, bevind sy haar op ’n nuwe lewenspad wat haar terugneem na die afgeleë dorp, Albatroshoek. Hiér het sy en haar kleintydvriendinne, Reinet en Essie, saam grootgeword en trauma beleef. Wanneer ’n moordwalvis sy weg na Albatroshoek vind, bring hy verandering saam, en alles wat Chrisanne geglo het oor die balans van die see en haar eie lewe, word op die proef gestel.Die kluisenaar van Atlaseiland, Ben Benade, lei haar op ’n reis van onthul-lings, en saam baklei hulle teen die uitbuiting van seebronne. Maar Chrisanne moet al hoe meer gewigtige keuses maak ... Wat gebeur met ’n vrou wat nie net haar mense verloor het nie, maar ook haar plek in die wêreld, en haar eie geloof betwyfel?Soos ’n sluier wat stadig gelig word, ontsluit haar verhouding met die eilandkluisenaar al hoe meer van haarself. Saam soek sy en haar vriendinne oplossings vir hul kleintydtrauma terwyl die geheime van die dorp ontrafel. En die vraag bly: Is jy die som van jou verlede en jou pyn, of is jy wie God sê jy is? Geroep, gesalf, geliefd.

      CONTRIBUTORS: Elize Parker EAN: 9781779880628 COUNTRY: South Africa PAGES: 272 WEIGHT: 340 g HEIGHT: 234 mm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2026-03-01 CITY: GENRE: FICTION / Religious WIDTH: 153 mm SPINE:

      Book Themes:

      Religious and spiritual fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Twee mense met hulle eie stryd vind mekaar in Albatroshoek

      Ná haar suksesvolle Laeveld-trilogie, laat skrywer, Elize Parker, vir eers die wêreld van die Komati, kremetartbome en renosterstropers agter. Sy neem haar lesers nou kus toe, na Albatroshoek, ’n dorp met ’n reputasie. “Die dorp word ’n hoek waarnatoe die lewe diegene met seer vee. Hier genees hulle mekaar.” (p.79)
      Ek was aanvanklik effens geïntimideer deur die lywige lys van karakters, maar dit is nogal van hulp om kop te hou met die groot hoeveelheid rolspelers, huidig en uit die voorgeskiedenis. Die dood van haar halfbroer, bring vir Chrisanne, wat navorsing doen oor die grootwithaaie, na hierdie dorp waar sy grootgeword het. Sy dra ’n groot stuk bitterheid in haar hart, en baie vrae waarop sy nie antwoorde het nie. Sy kry voogskap oor haar broer se seuntjie, wat haar lewe ingrypend verander.

      Die ander prominente karakter is die sogenaamde Pikkewynkaptein, ’n man wat soos ’n kluisenaar lewe op Atlaseiland. Jy is reg as jy ’n mooi romanse in die vooruitsig stel. Daar is immers ’n bruidsluier betrokke volgens die titel.

      Die milieu is pure see: haaiduikhokke, ’n skeepswrak, ’n vuurtoring, ’n moordwalvis, grootwithaaie wat uitwyk wanneer die walvis daar aandoen. Teen hierdie agtergrond spook Chrisanne om haar verlede te verwerk, en Ben het sy eie stryd met oorlewingskuld. Hierdie is dan ook die eerste in ’n splinternuwe reeks deur hierdie gewilde skrywer.
      Die boek is in die geestelike fiksie genre, uitgegee deur Luca, druknaam van Lapa uitgewers.

      Elize Parker is ’n omgewingsjoernalis en bekende skrywer. Haar mees onlangse werke sluit in ’n inspirerende reeks romans bekend as die Laeveld-drieluik, Stil vloei die Komati, Wanneer skaduwees kantel en Waar die doringbome sing, en die toewydingsgids, Awaiting the Harvest, uitgegee deur LUCA. Sy was ’n kolomskrywer vir Huisgenoot-tydskrif en verbonde aan nuusspanne van Laevelder-koerant en Bulletin Radio-nuusagentskap. Elize is ma van twee volwasse dogters, sy woon in Pretoria en werk as joernalis wanneer sy nie skryf nie.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account