Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is 'n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende werelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag. Nadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste Wereldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans 'n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer die hegte vriendskap deur twee wereldoorloe aan die hand van 'n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is. Dit is 'n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede - die een die leier van 'n groot ryk, die ander die leier van 'n klein, weerspannige lid van daardie ryk.
CONTRIBUTORS: Richard Steyn
EAN: 9781868428304
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 233 cm
PUBLISHED BY: Jonathan Ball Publishers SA
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: BIOGRAPHY & AUTOBIOGRAPHY / Personal Memoirs, HISTORY / Military / General, LITERARY COLLECTIONS / Letters, POLITICAL SCIENCE / Political Process / Leadership, POLITICAL SCIENCE / Colonialism & Post-Colonialism
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Republic of South Africa, 20th century, c 1900 to c 1999, Diaries, letters and journals, Political leaders and leadership, Colonialism and imperialism, Military history
Book Partnerships
For the Fans