Dis die jaar 1939 – 'n jaar wat die wereld geskiedenis onherroeplik sou verander. Nasies – ook hier in die Unie van Suid-Afrika - oorweeg hul deelname aan wat sou word die mees verwoestende oorlog in mense heugenis. 1939 is ook 'n waterskeidingsjaar vir die Afrikaner waartydens hy na die depressiejare homself wil her posisioneer ten opsigte van skolastiese opvoeding, die ekonomie en die politiek. En hier aan die suidpunt van die land by George onder die Outenikwaberg, word Abraham tot die besef geruk dat boekgelerentheid belangrik gaan word vir sy onmiddellike nageslag. Hy het drome oor ‘n lewe saam met Stella, die jong onderwyseres op wie hy verlief is. En ‘n familie met kinders wat hy een dag op sy eie grond sal kan grootmaak. So begin Abraham se lewensreis, wat hom sal neem deur vreugde en moeilike tye, deur Sentraal en Noord Afrika, tot by Egipte. 'n Reis wat hom weer terugbring na George, na die vrugbare grond waar hy patats, bone en blomme kan plant. Waar die bosse teen die berg swarthout en geelhout lewer, waaruit hy ‘n sideboard vir Stella wil maak. Die sideboard word uiteindelik meer as net 'n meubelstuk as geskenk aan sy vrou. Dit word 'n soort huisaltaar – 'n simbool van geloof. Maar die sideboard word - soos Abraham – voortdurend bedreig en byna deur die vuur vernietig. Op Abraham se reis ontmoet ons mense wat 'n bestaan uit die grond maak, hout uit die bos aandra. Ook die jongmense van die sestigs met ‘n nuwe kultuur – die Ducktails en die Island Eagles - en die krismiskore wat sing deur die feestye. Die sideboard is 'n liefdesverhaal, van 'n man se liefde vir sy familie, sy gemeenskap en vir houtwerk. Maar dis veral 'n verhaal oor Abraham se stryd vir grond, na afloop van 'n belofte wat aan hom gemaak word. En van 'n kinderlike geloof, al woed die lewenstorme om jou. Dis ook die verhaal van Abraham se vriendskap met Kobus, die jong Afrikaner wie sy eie probleme het met sy familie, wat anders as hy oor die lewe dink. Die leser sal hierdie reis van Abraham van begin tot end wil meemaak.
Format: Paperback / softback
CONTRIBUTORS: Simon Bruinders
EAN: 9781920654535
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 349 g
HEIGHT: 213 cm
PUBLISHED BY: Naledi
DATE PUBLISHED: 2014-03-14
CITY:
GENRE: FICTION / Romance / General
WIDTH: 137 cm
SPINE:
Simon vier 30 jaar as ‘n professionele akteur na sy baanbrekersrol in 1984 met die Jans Rautenbach film: Broer Matie. Hy het sedertdien in ander speelfilms rolle vertolk asook in sestien televisie reekse.PERSOONLIK :Simon is in George in die Suid-Kaap gebore. Hy het later na Kinross naby Secunda verhuis. Hy was vir ‘n paar jaar in Kaapstad woonagtig, waarna hy in 2003 na Johannesburg verhuis het.Hy is getroud met Girty – ‘n voormalige mej. Suid-Kaap – wie hy ontmoet het tydens ‘n Streeks Kunste Fees in 1970, waar sy die skoonheidstitel en hy die title as beste akteur verower het.Hulle het vier kinders: Jeromey, Alvin, Nadia and Marguerite. TELEVISIE LOOPBAAN :Simon was kontinuïteits aanbieder op on NNTV & SABC 3 vir ‘n paar jaar.Hy was anker aanbieder van onder andere Spektrum en Agri Forum op SABC 2.Hy het ook in 1994 die Boeremusiek-kompetisie saam met Ollie Viljoen aangebied.Hy vervaardig insetsels vir joernaalprogramme vir die SABC en vervaardig ‘n uurlange dokumentêre program oor die Kaapse Vlakte Digter, Peter Snyders. Dié program was sedertdien drie keer op SABC 3 uitgesaai.Hy speel in sestien televisiereekse soos : Molo Fish 1 en Molo Fish 2 – waar hy vir ‘n Avanté Toekenning genomineer is in 1996. Voorheen was daar Two Weeks in Paradise - 1984; Halfmanspunt (1985); Reccie – 1987; People like us – 1987, The Game 2 en Ballade vir ‘n Enkeling (1991); Ndzenzeni en Getting it Right (1993). Hy speel in Soutmansland, gevolg deur Zero Tolerance 2003, Jozi Streets 2004, Egoli 2005-2006 en Scandal 2007. Hy speel binnekort in die nuwe SABC reeks: SWART WATER in 2014.VERHOOG PRODUKSIES :Simon het oor baie jare verhoogwerk gedoen. Daar was Die Koggelaar vir Sukovs in the 90’s.Hy skryf en speel in die eenmanstuk Die Sideboard en die Vuur in 2001, Hy speel saam met sy seun Alvin Sonny & Ouste 2002. Hy skryf en voer CHIEF & CARMA op in teaters in Johannnesburg en Pretoria and Rustenburg in 2012.COMPéRE / PROGRAM DIREKTEUR : Simon is ‘n uitstekende seremoniemeester. Hy is gevat, vermaaklik en weet hoe om die gehoor te vermaak en die program laat vloei.SKRYWER :Simon is die outeur van verskeie dramas wat met goeie sukses by feeste opgevoer is soos :DIE SIDEBOARD EN DIE VUUR – Aardklop en KKNK 2001 – ‘n Storie oor George en sy mense. SONNY & OUSTE – Debuteer by Aardklop 2002, ONRUS OP HAWSTON vir die Kalfiefees in Hermanus, 2003, SOOS PORSELEIN vir skole op George 2009 en CHIEF & CARMA – 2011.