FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

R 966.64

R 1,403.52
Ek kan nie ’n boek summier toemaak nadat die slotsin geskryf is nie. Ek lees álles, tot by die outeursnotas en die bronnelys (gewoonlik gooi ek darem net vlugtig ’n oog oor die bonne!). Chanette Paul maak in die nota oor Maanschijnbaai 2, die verdere verhaal van Nan en Jeannie, die stelling: “Lesers moet my asseblief vergewe dat my verbeelding altyd die oorhand oor die werklikheid kry en verdigsel voorkeur bo feite.” (p.635) Ek wil daarby aanhaak en bieg dat ’n uitstekende verhoudingsroman soos hierdie tydelik die oorhand gekry het oor my traagheid om te lees oor reïnkarnasie en die esoteriese. Die klomp Calitzse het my tyd en aandag totaal gekaap.
Die skrywer wy die laaste bladsye aan ’n verduideliking oor hoe die Maanschijnbaai-tweeluik ontstaan het. Sy beweer dat die Calitze haar “onkant” betrap het. Sy wou ’n romanse skryf maar uiteindelik was die karakters so kompleks dat dit op twee dik boeke en ’n intense familiedrama uitgeloop het.
Van die onderskeie karakters raak diep waarhede kwyt wat die moeite werd is om te onderstreep en te onthou, soos Zach wat dit gehad het oor die risiko om iemand op ’n pedestal te plaas omdat jy daardeur die persoon ’n onreg aandoen. (p.539) En Nan, wat die hele klomp Calitze moes grootkry, se wyse raad: “Met eerlikheid, Jeannie, kom ’n mens baie verder as met opoffering. Met eerlikheid gee jy almal ’n regverdige kans. Opoffering beteken bloot jy doen iets teen jou sin omdat jy glo dit sal ander baat.” (p.613)
Maak seker dat jy genoeg tyd op hande het, dan lees jy hierdie tweeluik in volgorde, Jo & Sue, gevolg deur Nan & Jeannie. Dit is hersien en met splinternuwe, pragtige baadjies uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Very useful. The book provides a structure and an approach that I would have been useful earlier in my investing. I like the five gates and in particular the attention to quality and management's capital allocation decisions. I will also apply the idea of the stewardship log to get more explicit on my investment theses. This is kind of the practical aspect of what I learned from the Psychology of Money.
the book is very slow burn and takes a while for like captivating parts of the book .but the middle to the end the pace of the book is really nice the beginning is just repetitive and and trust the processes
Twee halwes maak ’n hele is die wenner van ’n jeugboekprys. Ek moes myself gedurig herinner wat die teikenmark nou eintlik is, want die sake wat aangeraak word, is geensins beperk tot jeugdige lesers nie. Die sterk newe-karakters dra daartoe by die selfs baie ouer lesers goed aanklank kan vind by die storielyn wat ontvou.
“Hulle sê as jy iemand vergewe, lig jy ’n vrag van daardie persoon se skouers af. Maar miskien is sommige dinge net te swaar om van iemand anders se skouers te lig?” (p.178) Baie aandag word gegee aan skuld en vergifnis, maar geen suikeromhulde kitsoplossings word aangebied nie. Dit sou die storie beslis vervlak het.
Na die aardskuddende ontdekking wat Lira gemaak het, gaan sy vir drie maande na ’n Griekse eiland en maak sy kennis met haar ander helfte, ’n halfsuster wat presies die teenoorgestelde is van haar eie ingetoë, overthinking self. Ek het daarvan gehou dat hulle, die verskille ten spyt, nie in heftige konflik was nie. Eerder besig om algaande te ontdek dat hulle by mekaar kan aanpas en albei sterker daardeur kan kom.
Marita van der Vyver is ’n waardige wenner van die Tafelberg Jeugboekprys en hierdie boek hoort beslis in van der Vyver versamelings. Dit is uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.
