Aardklop Kunstefees 2025

My jaar van vrees en vryheid
Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.
R 360.00

Die (vreemde) Einde Van ‘n Koerant
Op Donderdag 13 Junie 2024 het die nuus op die sakenuuswebwerf Moneyweb gebreek: Media24 gaan die dagblad Beeld, asook drie ander titels, Rapport, Daily Sun en City Press sluit. Volgens die Moneywebjoernalis Jeremy Maggs, sou “die besluit lesers en die Suid Afrikaanse mediabedryf skok.”Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe ‘n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord. Ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het en beskryf die openbare wipplankrit van ses maande, om die koerant te sluit, wat gevolg het.Agter die skerms het dit tot die afgryse van die maatskappy geblyk dat adverteerders hul goed begin vat loop en miljoene rande se inkomste aan Media24-publikasies onttrek het. Gevolglik het die koppe onder Media24-bestuurslui, wat die koerantsluiting moes bestuur, begin rol. So fel het die openbare diskoers oor die sluiting van Beeld en ander koerante gewoed, dat Media24 se interim uitvoerende hoof, Raj Lalbadhur, dit in ‘n brief aan personeel as die hoofrede aangevoer het waarom die maatskappy nie in 2024 sy halfjaarlikse winsbegroting behaal het nie.
R 275.00

Die moord op Deveney Nel
In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.
R 290.00

Behind Prison Walls
Since the Zuma presidency weakened crime intelligence, violent crime surged, with murder rates rising over 75%. South Africa faces severe femicide, and most murderers evade justice. Prisons fail by perpetuating crime; harsher sentences do not help. Edwin Cameron, after visiting prisons, advocates for reform. Along with colleagues, he suggests abolishing minimum sentences, cash bail, and decriminalizing drug use to improve safety and justice.
R 360.00

My Year of Fear and Freedom
When Covid-19 pulled the rug out from under Marita van der Vyver and her Frenchman's feet and they were forced to sell their old, large house in the French countryside, they decided to get rid of most of their earthly possessions and travel far across the world. In this journey, which spans three continents, a lifetime of memories from one of Afrikaans’s greatest writers is explored. Sometimes you have to lose a lot, and also be willing to lose yourself, before you can truly gain freedom.
R 360.00

Outopsietafel
As ‘n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is. Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs ‘n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens ’n ondersoek gebruik. Hy deel ook ‘n paar geheime, soos hoe om vas te stel of ’n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het. Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.
R 305.00

Onbeskryflike Genade
Oor hierdie boek: Stefaans Coetzee se pa was ’n alkoholis. Toe hy ses was, het sy ma hom kafee toe gestuur. Met sy terugkoms was sy weg. Van kleins af moes Stefaans veg vir aanvaarding en liefde, by die huis en in die kinderhuis. Sy storie begin in die Vrystaat, loop deur donker dade in Worcester, via verskeie tronke, tot op Klerksdorp. Dit is die verhaal van ’n seun wat die heel ergste sou doen, vir aanvaarding. Dit is ook ’n verhaal van hoop, genade, en tweede kanse. Dit wys dat enigeen kan verander. Jy ook.
R 285.00

Sny hulle in sterre uit
´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie . . .
R 250.00

Lens
Lens speel af tydens die politieke oorgangstyd in Suid-Afrika (1988-1990. Die hoofkarakter, Chris Meyer, is 'n jong joernalis by Oggendspieël. Op sy eie ondersoek hy die dood van die prominente egpaar dr. Albert en prof. Hillerie Strydom 'n dekade tevore in 'n motorongeluk. Albert was 'n polities verligte raadgewer vir die regering. Chris probeer die raaiselagtige omstandighede van die ongeluk ontrafel, en ontdek dat daar 'n verband is met die dubbele moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit van 1977. Die woorde “RAU TEM” wat teen die muur van hul moordhuis geskryf was, speel 'n sleutelrol in die verhaal.
R 360.00









