FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Breekpunt

Marie Lotz

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 350.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 350 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 58.33 per month!
      6x monthly payments of R 58.33 with
      4x fortnightly payments of R 87.50 with

      Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?
      Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die
      nag weggelok . . .

      Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se
      modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al
      jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom
      dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter
      skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná
      haar verdwyning?

      Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit
      dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.
      Sal hulle die meisies betyds vind?

      Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en
      meesterlike speurtog

      CONTRIBUTORS: Marie Lotz EAN: 9781776380794 COUNTRY: South Africa PAGES: 320 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Penguin Random Huse DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: Fiction/ Crime mystery WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      R
      Roelia Schoeman
      Spannend en kompleks

      Ses jaar gelede is twee jong meisies ontvoer. Die skuldige het skuld erken en is agter tralies geplaas. Een van die meisies se ma het egter nooit geglo hy is regtig die skuldige nie. Nou, nog twee meisies verdwyn uit hulle ouerhuise met dieselfde modus operandi, maar die skuldige is steeds in die tronk. Wat gaan aan? Kaptein Strauss en sy span moet die waarheid uitvind te midde van voorstedelike snobisme in Johannesburg en 'n reeks moorde op kindermoordenaars wat op parool is.

      Temas
      Wraak en vigilantisme: Wat gebeur as mens net genoeg gehad het of desperaat genoeg is?  
      Verskeie perspektiewe: Die boek fokus nie net op Kaptein Strauss nie, maar ook op die lede van sy ondersoekspan, en die ma van een van die oorspronklike ontvoerde meisies.
      Spanning en misterie: Die spanningsvolle en boeiende verhaal hou die leser vasgenael van begin tot einde.

      Wat ek geniet het:
      Slim geskryf: Die skrywer se vaardigheid in storievertelling maak dit moeilik om die boek neer te sit, veral in die laaste kwart van die boek - ek het gevoel ek kon die bladsye nie vinnig genoeg blaai nie.
      Karakterontwikkeling: Die boek bied diepgaande insigte in die lewens en gedagtes van die karakters, veral Kaptein Strauss en sy span.
      Veelvuldige invalshoeke: Deur verskillende perspektiewe te bied, skep die boek 'n ryk en komplekse storielyn wat die leser voortdurend aan die dink hou.
      Skokkende en onverwagse wendings: Die verrassings en onthullings hou die leser se asem ophou tot die einde.

      Wie Sal Die Boek Geniet?
      Hierdie boek is perfek vir lesers wat hou van spanningsvolle en boeiende misdaadfiksie, vol onverwagte wendings.  As jy die soort leser is wat hou van kompleksiteit en veelvuldige perspektiewe in jou verhale, sal hierdie boek jou betower.

      Dit is die skrywer se vierde boek met Kaptein Strauss as hoofkarakter. Alhoewel ek nie die vorige boeke gelees het nie, kon ek nogsteeds die storie volg en sal definitief die ander wil lees, veral nou! 

      Met dank aan Exclusive Books vir die geleentheid om die boek te lees! 

      Marie Lotz is die skrywer van drie spanningsromans: Roofdier, Polsslag en Maalkolk wat al drie Nielsen se topverkoperlyste gehaal het. Wanneer sy nie spanningsfiksie skryf nie, werk sy as vryskuttaalpraktisyn.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account