Woordfees 2025

'n Jaar in my Lewe
1996.Die jaar van ons nuwe grondwet en die krieketwêreldbeker.Van die tweede KKNK en die begin van “Friends” op MNet.Liam is 'n lenige diskusgooier. Hy herinner Martin aan 'n lelike Brad Pitt. Wat nog steeds mooi is.Liam dink Martin lyk soos Jonty Rhodes met sy aarbei-blonde hare.En hy is irriterend slim. 'n Valentynssokkie en 'n wolkbreuk.'n Rekenaarspeletjie en 'n oomblik in die fliek. 'n Laataand gesprek met Eurythmics se “Sweet Dreams” wat speel. 'n Vonk.Martin, die dominee se kind, weet wie en wat hy is.Hy hoort nie in hierdie dorp nie, maar hy weet hy hou van Liam.Liam droom van meisies en seuns.Hy weet nie wie hy is nie, maar hy weet hy hou van Martin.Die vraag is, mag hy? In hierdie dorp?In hierdie tyd?Is die liefde sterk genoeg om alles te oorwin?
R 210.00

Die Ooggetuie
Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie. Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord. Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland – die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.
R 360.00

Wilde Vere
Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling vir haarself en almal soek hulle pond vleis by haar. Haar dobbelverslaafde man, Jan, niksnut van ’n seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers. Dan kom Evan terug ná ’n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy swanger meisie van Indonesiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is ’n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor. Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen staande bly? Gaan skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms kry?
R 330.00

Bloed van 'n Vlinder
When Sister Libby Lucas begins working at Noordeberg Hospital, she hopes it will be a new beginning for her. And that she will be able to leave all her secrets in the past.But then a nurse is murdered – her body arranged in an apparent depiction of beauty.Suddenly it feels as if doom is following Libby wherever she goes. And as if her mind is beginning to play tricks on her.Is the murderer walking among them in the hospital? And who is sending threatening letters to Libby about her past?
R 330.00

Bonsaimeisies
Buig die boompie ... Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor: Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ... Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevangene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem. Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas. Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?
R 330.00

Knal
Nicci de Wee is op die spoor van ’n nuwe booswig en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede word vermis. Die ondersoek sirkel egter sonder sukses rondom wie die misterieuse skim is wat talentvolle vroue so koelkop in openbare plekke teiken. Hy laat hulle oënskynlik in die niet verdwyn ... met afgryslike gevolge. En hoekom bly die klokke so onheilspellend lui? Skakel dit enigsins in met die silwer klokkies wat hulle by die misdaadtonele vind? Nicci word deur angswekkende gebeure nog dieper by die saak ingesleep en haar spanlede word in ’n verbete wedloop teen tyd vasgevang. Is hulle op die spoor van die regte duiwel, of is daar iemand selfs meer sinister agter die gruweldade wat almal tot hul uiterste beproef? Wyngaard is ’n meester storieverteller en het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?
R 330.00

Waterman
’n Toeganklike, innemende bundel waarin die digter in soepel, gevoelige taal sy persoonlike ervarings verwoord én in gesprek tree met digters wat hom voorafgegaan het. Die verse skroom nie om eerlik én openhartig om te gaan met sowel diep persoonlike belewenisse of maatskaplike en politieke kwessies nie, en telkens te verras met vernuwende perspektiewe. Water dien deurgaans as ’n metafoor vir vloei, verandering en aanpasbaarheid – die noodsaaklike element vir lewe in ’n digterlike heelal.
R 260.00

Vloei / Stof
In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse.Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit. Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”
R 230.00

Die Volmaakte Moord
Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar. Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer- staanbaar raak. Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.” Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?
R 330.00

Die Grafdigter
Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef. Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie. Of dalk het hulle net in die son gekyk. Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks.Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in ’n berkewoud saam met haar ouma Babusja. Nou is Babusja oud en verswak en Mila is verantwoordelik vir haar. Wat steek haar ouma vir haar weg? Waar is Mila se ouers? Het hulle regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn? Intussen ontmoet Mila ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?
R 340.00

KLAARTE
Esterhuizen debuteer met die digbundel Stilstuipe (1986), waarna Op die oog af (1988), Die onderwaterweg (1996), Patzers (1997) Opslagsomer (2001), Liefland (2004) en Sloper (2007) volg.Sy agtste digbundel, wat die water onthou, verskyn in 2010 en word met die Protea Poësieprys vir 2011 bekroon. Dié bundelwas ook genomineer vir die UJ prys vir Letterkunde en die ATKV Woordveertjie vir Poësie (2011). Hierna volg Amper elders (2012), Die afwesigheid van berge (2014) en Die gladde stiltes in glas in 2020.Etlike van sy verse is in ’n verskeidenheid bloemlesings opgeneem, te wete Poskaarte, Die Afrikaanse Poësie in ’n 1000 en enkele gedigte, Groot Verseboek, Nuwe Verset, Maskers en mure, flikker-gram, en Merang.Ná ’n onderwysloopbaan van 25-jaar was hy van 2002 tot 2016 bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch.
R 270.00

ATRIUM, gedigte 1970-2025
Dit is vanjaar die bekroonde digter Marlise Joubert se 80ste verjaarsdag. Om die geleentheid te herdenk, het Karen de Wet ’n keur uit Joubert se digbundels saamgestel. Die bundel bevat gedigte uit haar elf gepubliseerde bundels (tussen 1970 en 2023 gepubliseer), asook ’n aantal nuwe, voorheen ongepubliseerde gedigte. Atrium is ’n versamelaarsitem wat op elke poësieliefhebber se boekrak hoort.
R 330.00

DEUR DIE STERRE GELEI
Deur die Sterre gelei: Die Anglo-Boereoorlog en daama 1899-1943 Kommando, Trekvoort, Geen uitspan is die trilogie van Deneys Reitz se boeiende wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaade lewe beskryf, en bied die leser 'n wonderlike insig in die gebeure in Sui-Afrika tussen 1899 en 1943 - gesien deur die oe van 'n vreeslose Suid-Afrika avonturier wat ook 'n talentvolle skrywer was.
R 510.00

Merang
Merang is ’n versamelbundel van nuwe Afrikaanse gedigte. Die bundeltitel beklemtoon die idee van feesviering, want “merang” beteken “fees” en behoort tot die leksikon van Kaapse Moesliemafrikaans.Die etimologiese oorsprong van “merang” is Maleis (“rame’an”) wat “skare” beteken, terwyl die woord “marang” in Javaans “na” beteken soos in “kom na” (dus ook in die sin van ’n uitnodiging). “Merang” is gewoon ’n mooi en klankryke woord wat ook Afrikaans se diverse karakter beklemtoon.Merang is ’n kopknik aan die eeufeesviering van Afrikaans se amptelike status, maar vir die samestellers gaan dit om veel meer. Dit gaan primêr om die viering van die Afrikaanse digkuns en haar spore loop verder terug as 1925. Verder dien Merang as ’n inventaris van hoe en waaroor hedendaagse Afrikaanse digters dig, alhoewel ’n enkele versamelbundel nie die volledige prentjie kan skets nie. Ons is oortuig dat die gedigte in Merang wel ’n goeie oorsig bied van tendense en nuanses in die eietydse Afrikaanse poësie.Om en by 160 gekeurde gedigte van meer as tagtig digters is in Merang opgeneem.Die ongepubliseerde werk van gevestigde digters verskyn saam met dié van onlangse debutante en nuwelinge. Die digters het werklik vrye teuels gehad, omdat geen tematiese, stilistiese of verstegniese vereistes aan hulle voorgehou is nie. Die belangrikste maatstaf en gemene deler was literêre gehalte.Merang is voorwaar ’n uitsonderlike viering van die Afrikaanse poësie in haar velerlei gedaantes. Dit is selde dat ’n versameling so verteenwoordigend is van verskillende style, poëtiese tegnieke en tematiese wêrelde soos die liefde, verlies, nostalgie, die natuurlike omgewing, plant- en dierspesies, sosiopolitieke kwessies, kunstenaarskap en tegnologie.Die samestellers het ’n ope uitnodiging aan alle Afrikaanse digters gerig. Hulle het ons verwagtings oortref en ons is werklik beïndruk deur die kwaliteit en reikwydte van hulle verse. Nou nooi ons elke lojale en potensiële poësieleser ook uit om deel te wees van dié besonderse fees van digters en gedigte.
R 335.00

Al die swendelaars
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras. Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?
R 330.00

Sekelmaan
A group of young South African Jews, the target of a terrorist attack in Cairo, is the spark in a powder keg for large-scale war in the Middle East. At the center of it all is journalist Ruby Heyns, in possession of damning information that could tip the scales in this conflict. When Ruby Heyns disappears overnight, State Security’s Reuben Kruger must use all his technical expertise to track her down. Gripping suspense and thrilling action!
R 370.00

Donkermaan
1991. Israel is in the crossfire of new long-range missiles. Mossad urgently needs to find a suitable recruit for a highly sensitive operation: the theft of crucial radar technology from the South African Air Force as a countermeasure against Syrian missiles.The candidate is Ruth Heyns, a doctoral student in Tel Aviv, but she attracts the attention of Counterintelligence veteran Gunther Eckhardt and the growing suspicion of the Air Force liaison, Colonel Leon Rutger.
R 370.00

Eleksie Op Erdvark
Without the use of modern technology, Soois Swart’s struggling little newspaper in Erdvark in the Knersvlakte reports on the approaching municipal election For the first time in a decade, the BA Minus is being challenged by two other parties. The ruling party advocates for the preservation of outhouses, while the opposition calls for modernisation in the form of flush toilets. When a horned adder in an outhouse bites a resident in a sensitive spot, the election battle officially begins.
R 300.00

Web van Leuens
In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?
R 265.00

Vredemaker
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.
R 290.00

Die dood van Rachel April
Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het.Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees?Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodse gevaar.
R 360.00

Khaki Fever
Game guide Alexandra Carnell-Ellis is principled, doesn’t suffer fools, and is generally not too fond of ordinary people either. When she’s fired from The Plains, a commercial ‘Ferrari Safari’-type game reserve in the Karoo for being rude to guests, she’s determined to make a fresh start. She lands a dream job at an exclusive game reserve in Mpumalanga, but Alex’s new beginning appears to be doomed from the start as she arrives at the lodge with attitude, a few facts about her that aren’t strictly true, and a stolen dog in tow. For one, she had pretended to be a man in her application, because she is convinced that khaki fever gives male guides an advantage. Alex struggles to control her unruly tongue and almost immediately makes enemies with the camp manager and the owner’s terrifyingly scary girlfriend, who can’t wait to expose Alex’s deepest darkest secrets. She finds love in the form of the level-headed and attractive head guide, but it’s not long before everything goes wrong. After impulsively abandoning her vehicle and guests to rescue an abandoned baby baboon, a storm breaks over her head and she flees the reserve. Will she ever be able to find her way back?
R 320.00

We Two From Heaven
We Two from Heaven is a singular memoir, a four-part fugue on the tricks and traps of memory, a shuffling of the cards of time. Episodes from the early life of writer James Whyle are interwoven with the letters of his father from the Western Front during the First World War. Their formative experiences – war, conscription, injury, desertion – flash by, juxtaposed, as if in counterpoint. How do we know who we are? Upending the reader’s expectations of a memoir, Whyle then explores the violence and madness of apartheid society as the narrator passes through boarding school and university and takes his first steps to become a writer. Raw and rhythmic, lyrical and caustic, this is an unsparing, formally inventive dissection of human vanities and illusions. At the end of history, on the shores of a blue bay, the voices of the past can be heard as we await the arrival of the barbarians – or the baboons, whoever comes first.
R 325.00

R 250.00

R 330.00

Vetplant Fairies
Southern Africa has the richest and most diverse grouping of succulents in the world. Vetplant Fairies is a collection of verse for children about indigenous succulents and the imaginary beings who live among them, written by two of our finest poets, Ingrid de Kok and Antjie Krog. The book is beautifully illustrated in full colour by Fiona Moodie in the style of Fynbos Fairies, its hugely successful predecessor. The scientific name for each plant is included in this enchanting new classic.
R 260.00

Bottelnek Breek Bek
Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Dianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is 'n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp en hartverskeurend.
R 265.00

In My Vel
Tydig, snaaks en nodig. 'n Verhaal van navigasie, deur twee stede, deur 'n hart. 'n Dokument vir ons tyd. - Kabous Meiring. Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry 'n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Dis bevrydend om net een wit mens tussen talle te wees. En daars die sosiale gelykheid, die wonderlike musiekkonserte, internasionale kunsuitstallings, en wereldbekende filosowe se praatjies wat haar passievol interesseer. Maar iets voel nie reg nie ... Die vraag bly: Waar kom sy "werklik" vandaan, en waar hoort sy? In my vel is 'n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim - met selfs'n bietjie seks, drugs & rock 'n roll.
R 299.00




























